Saturday, November 10, 2012

Nou's ons vyf!

Woensdag, 7 November, omtrent so 5 uur:




(Op die foto lyk Martiens se bo-lip vir my soos Pa s'n) 

"Is ons vier, Mamma? More ons gaan gonna be vyf?" (Ek weet, dis verskriklik, almal sal moet help on hulle sinsbou reg te kry!)


Donderdag, 8 November, 3h00:


Die Armykoek is klaar!


9h30:


'n Nuwe tradisie: sedert ons in Amerika is, eet ons wafels of plaatkoekies met stroop, room en aarbeie vir ontbyt as iemand verjaar.


Die Koek:


Martinus se kant was die Amerikaners.  Die tenk lyk meer soos 'n Sherman, en die soldate se wapens lyk meer soos die Amerikaners se wapens. Vat Jean se woord daarvoor.


Christian was die Duitsers.  Hy weet hulle was die bad guys, hy gee gewoonlik nie om om die bad guy te wees nie. "Dis net 'n game, Mamma! Dis nie real life nie!"  Die tenk aan hierdie kant lyk glo meer soos 'n Tiger.





12h00:  Kersies blaas

Gister was daar baie vriende hier, en omtrent 15 kinders om die koek te help opeet, maar Donderdag het ons net die familie en close vriende genooi.  Meeste kon nie kom nie.



 Martinus was baie versigtig om nie per ongeluk sy kersies uit te blaas terwyl ons sing nie.

Na die foto het ek sy hare gesny.  Kam sou seker ook gehelp het.


Donderdag, 8 November, omtrent so 5 uur:

Ek weet hulle is myne en ek behoort dit nie self te sê nie, maar hulle is darem maar verskriklik mooi.

"Nou's ons vyf, Mamma! Kyk, ons is nou so tall!"  Martinus het die hele dag geloop en kyk waar hy nou kan bykom, waar hy die vorige dag nie kon bykom nie.  

Nou ja, nou is dit ook afgehandel.  Sien julle oor 3 weke!

(A short account of our boys' birthday on Thursday, for family and friends who could not be with us.  The words really do not say much more than the pictures.)

1 comment:

  1. happy birthday to your beautful boys! and happy birthday to you too mamma! oh how time goes by...

    ReplyDelete